Hor Meisieskool Bloemhof
14.jpg

Sport

Netbal deur na Topskole

Dit is vir die HMS Bloemhof 'n reuse eer dat al vier deelnemende spanne deur is na die finale van die jaarlikse Topskole Netbaltoernooi.  Dit nadat die o.14-, o.16-, o.17- en o.18A-spanne die afgelope naweek aan die Wes-Kaapse uitdunne van dié toernooi deelgeneem en deurgedring het.  (Die o.15A's neem nie aan Topskole deel nie, omdat hulle later vanjaar aan 'n ander toernooi deelneem.)  

Hierdie spanne sal van 4-6 Augustus teen die beste netbalspanne van regoor Suid-Afrika in Boksburg, Gauteng kragte meet.

Die volledige uitslae van Saterdag se Wes-Kaapuitdunne, wat in Hermanus plaasgevind het, is as volg:

o.14A’s

vs Hoërskool Stellenberg

wen

15:9

vs Hoërskool Outeniqua

wen

11:3

vs Hoërskool De Kuilen

wen

15:10

vs Hoërskool Vredendal

wen

20:8

vs Hoërskool Brackenfell

wen

20:8

o.16A’s

vs HoërskoolBellville

wen

13:11

vs Hoërskool Hermanus

wen

18:1

vs Hoërskool Outeniqua

wen

25:5

vs Hoërskool Durbanville

verloor

9:11

vs HoërskoolBellville

wen

20:10

o.17A’s

vs Hoërskool Stellenberg

wen

14:22

vs Hoërskool Outeniqua

wen

17:11

vs Hoërskool Hermanus

wen

19:7

vs Hoërskool Punt

verloor

7:21

vs Hoër Meisieskool Paarl

wen

14:9

o.18A’s

vs Hoërskool Outeniqua

wen

21:16

vs Hoërskool De Kuilen

wen

12:11

vs Hoërskool Lutzville

wen

19:5

vs Hoërskool Brackenfell

wen

18:8

Pryswenners: Somersportsoorte

Baie geluk aan die volgende leerders wat vir hul puik prestasies tydens 2017 se somersportseisoen vereer is.

 

ATLETIEK

  • Beste veldatleet:  Georgia Channon
  • Beste baanatleet: Lara Rossouw
  • Marlene Victor Victrix loudorum-trofee: Lara Rossouw
  • Nelize Ferreira-trofee vir mees belowende atleet: Anouk Heuer
  • Linda Schilder-trofee vir beste hoogspring-atleet: Sibelle Barnard
  • Janine Visser-trofee vir die topatleet van die jaar: Lara Rossouw

 

SWEM

  • Beste individuele prestasie deur ’n seniorswemmer: Michelle de Villiers
  • Beste individuele prestasie deur ’n juniorswemmer: Abigail Calitz

 

WATERPOLO

  • Waterpolo-skild vir beste vordering: Lisa Kruger
  • Waterpolo-trofee vir die beste speler: Antoinette Hoon

  

TENNIS

  • Kwassie van der Merwe-trofee vir die beste prestasie deur ’n seniortennisspeler: Minette van Vreden
  • Beste prestasie deur ’n juniortennisspeler: Rochelle Pienaar
  • Gerrie Berner Omgee-trofee: Louise Hanekom
  • Tennistrofee vir beste spanprestasie:  Bloemhof Incredible Connection Eerstespan ­– Corin de Waal, Louise Hanekom, Lize-Alet Morkel, Rochelle Pienaar, Nicola Steenkamp, Janneke Turck, Jana van Vreden, Minette van Vreden en Bianca Wolmarans.

 

 

Op die foto verskyn (voor v.l.n.r.)Rochelle Pienaar, Louise Hanekom, Janneke Turck en Corin de Waal.

 

In die middel v.l.n.r. is Lara Rossouw, Anouk Heuer, Minette van Vreden, Lize-Alet Morkel en Nicola Steenkamp.

Agter v.l.n.r. is Lisa Kruger, Sibella Barnard, Antoinette Hoon, Georgia Channon en Michelle de Villiers.

Ander pryswenners wat nie op die foto verskyn nie, is Abigail Calitz, Jana van Vreden en Bianca Wolmarans.

Sport en sportbeleid

Daar is verskeie navrae oor die amptelike sportbeleid van Bloemhof. Kliek asseblief hier om die beleid in PDF-formaat af te laai.

Daar waar Bloemhof meeding, word uitmuntende sportprestasies verwag en ons dogters stel nie teleur nie!

Atletiek, swem, waterpolo, tennis, hokkie en netbal word aangebied, asook 'n wye verskeidenheid ander sportsoorte.

Bloemhof het met groot gees reeds verskeie kere die 4M-Interskole atletiekbyeenkomste gewen teen top meisieskole Rhenish, La Rochelle en Meisieskool Paarl. Die byeenkoms word jaarliks in Februarie gehou.

Bloemhof en Paul Roos smelt jaarliks saam as Bloemroos om aan die Prestige-byeenkoms deel te neem.

Somersportsoorte soos atletiek, tennis, swem, waterpolo en rekreasie swem word aangebied. Hou gerus die sportnuus op die d6 kommunikeerder dop vir gereelde prestasies.

Wintersportsoorte soos hokkie en netbal is ewe gewild. Die hoogtepunt is ons jaarlikse groot wintersport interskole teen Meisieskool Oranje in Bloemfontein.

Sportorganiseerders:

SPORTSOORT ORGANISEERDER KONTAKBESONDERHEDE
Departementshoof: Sport Me Elbie Keller

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Bestuurder:
Hoë Prestasie Sport en –beplanning
Me Jenny King

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Assistent tot Sportbestuurder Me Rése Hugo

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Atletiek Me Julie Longden

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Tennis

Me Joan le Roux

Me Rése Hugo

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Swem

Me Jenny King

Me Lizanne van Rooyen

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Waterpolo
Mnr Bryan Longbottom

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Netbal Me Rése Hugo

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Hokkie

Me Jenny King

Mnr Bryan Longbottom

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

InvestecRola MotorsIncredible Connection