Hor Meisieskool Bloemhof
10.jpg

Personeel

Biografie

Me Deirdré Stubbe - Betaalkantoor

Deirdré Stubbe is ‘n oud-Bloemhoffer en haar twee dogters is ook trotse Bloemhoffers. Sy het aan die Universiteit van Stellenbosch haar B.Econ-graad verwerf.

Dis vir haar ‘n groot voorreg om weer deel te wees van die Bloemhof-familie.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

 

Mnr Wilhelm Kenny - Fasiliteitebestuurder

Mnr Kenny matrikuleer aan Paul Roos Gimnasium in 1973 waarna hy landbou studeer aan die destydse Elsenburg Landbou Kollege. Hy begin sy loopbaan as landboukundige by die Departement Korrektiewe Dienste in Worcester tot en met 1981 waarna hy werksaam is as spesialis in Varkvoeding en Varkproduksie vir Fedpro, Worcester. Na 7 jaar by Fedpro, word hy aangestel as bestuurder van De Gift Varkboerdery in Riebeek-Wes en in 1997 sluit hy aan by die Departement Landbou: Wes-Kaap as Senior Landbou Adviseur.

Hy word bevorder tot dosent van Landbou-Ingenieurswese by die Kaapse Instituut vir Landbou Opleiding in Elsenburg en tree November 2010 uit. Vanaf Desember 2010 werk hy as Infrastruktuurbestuurder by Paul Roos Gimansium en in Februarie 2012 sluit hy aan by Bloemhof as Fasiliteitebestuurder.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Mnr Pascal Guebert - Tennisafrigter

Pascal is sedert September 2010 Bloemhof se tennisafrigter en stig in dieselfde tyd die EdgeTennisAcademy, wat op die Bloemhof-perseel geleë is en dus ideaal vir leerders om heeljaar net oor te stap na die tennisbane vir afrigting.

Hy rig al vir 18 jaar tennis af en het in 2009 die ITF Vlak Twee-kwalifikasie behaal wat wêreldwyd erken word. Tussen 1993 en 1997 speel hy self by verskeie klubs in Europa en neem ook professioneel in Frankryk deel.

Pascal beskou sy werk by Bloemhof as 'n groot eer en voorreg en sien uit om nog verskeie toekennings vir die skool te help wen!

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

InvestecRola MotorsIncredible Connection