Hor Meisieskool Bloemhof
5.jpg

Personeel

Mnr Wilhelm Kenny - Fasiliteitebestuurder

Mnr Kenny matrikuleer aan Paul Roos Gimnasium in 1973 waarna hy landbou studeer aan die destydse Elsenburg Landbou Kollege. Hy begin sy loopbaan as landboukundige by die Departement Korrektiewe Dienste in Worcester tot en met 1981 waarna hy werksaam is as spesialis in Varkvoeding en Varkproduksie vir Fedpro, Worcester. Na 7 jaar by Fedpro, word hy aangestel as bestuurder van De Gift Varkboerdery in Riebeek-Wes en in 1997 sluit hy aan by die Departement Landbou: Wes-Kaap as Senior Landbou Adviseur.

Hy word bevorder tot dosent van Landbou-Ingenieurswese by die Kaapse Instituut vir Landbou Opleiding in Elsenburg en tree November 2010 uit. Vanaf Desember 2010 werk hy as Infrastruktuurbestuurder by Paul Roos Gimansium en in Februarie 2012 sluit hy aan by Bloemhof as Fasiliteitebestuurder.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

InvestecRola MotorsIncredible Connection