Hor Meisieskool Bloemhof
13.jpg

Personeel

Biografie

Me Wilna van Heerden - Skoolhoof

Boodskap van die skoolhoof

Welkom by die webtuiste van die Hoër Meisieskool Bloemhof op Stellenbosch.
 
Ons sal u graag ook in persoon in ons gange wil verwelkom.Want dit is daar waar die gesigte van gister hang, maar die voete na môre toe loop. Waar die toekoms gebeur. Waar ons glo in kwaliteit.
 
En in gelukkige mense.
Gewone mense.
Maar mense met ‘n buitengewone werksetiek.
 
Ons kinders is ons trots. Hulle kies Bloemhof oor die akademiese uitnemendheid en oor die koshuislewe. Oor die deelwees van die koor en die kwaliteit sportafrigters. Oor die skoolklere en uitruil na Oranje Meisieskool. Oor die Moedertaalonderrig en die briljante Engels wat hulle leer. Maar ook oor die Bloemroosdae en skuimsokkies onder die hange van die berg. En die hoop op eendag terugkom as deel van die “Old Girls”.
 
Wie hier is, wil hier wees. En dit bring die rustige en respekvolle omarming van mekaar. Hoeveel ook al die verskille. Almal is perfek soos hulle is. En hoort hier.
 
Ons deure staan oop; kom ervaar wie en wat die statige vrou van 142 jaar is; onpretensieus elegant.

Meer oor die skoolhoof

Me Wilna van Heerden is sedert Junie 2010 skoolhoof, nadat sy 16 jaar gedien het as adjunkhoof. Sy is 'n boorling van Robertson, het aan die US studeer en het by HS Outeniqua en York High in George skoolgehou voordat sy in 1994 by Bloemhof aangestel is. Haar vakgebied en groot liefde is die Afrikaanse taal.

Sy hou van skryf en lees, huisplanne teken, snorkelduik en speel ook graag gholf vir ontspanning.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

 

Me Anne-Marie Klink - Adjunkhoof

Me Klink is die Adjunkhoof van HMS Bloemhof nadat sy in 1991 as opvoeder by die skool begin het. Haar vakgebied is handel (rekeningkunde en ekonomie). Sy oorsien al 'n geruime tyd die administrasie van stelsels by Bloemhof en dien ook in die Leierspan en Beheerliggaam.

Me Klink is getroud en woonagtig in die Strand.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Mnr Johan Jacobs - Leierspan

Mnr Jacobs is 'n leierspanlid aangestel in 2014 en is 'n passievolle, waardegedrewe mens. Hy is gebore en getoë in Namibie en het sy M.Sc (Genetika) in 2002 by die Universiteit Stellenbosch voltooi. Hy is 'n sportentoesias (veral rugby) wat glo aan die holistiese ontwikkeling van mense en hy geniet flieks, geskiedenis en die buitelewe.

Mnr Jacobs bied Lewenswetenskappe aan vir graad 12 en Wiskunde en Natuurwetenskappe vir graad 9.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

   

Me Ilze Wright - Leierspanlid

Me Wright is ‘n Leierspanlid en is al sedert 1995 ‘n baie passievolle, entoesiatiese Bloemhof-opvoeder, nadat sy die Karoo verruil het vir Stellenbosch.

Me Wright is ‘n mense-mens en vandaar haar portefeulje op die leierspan: die persoon verantwoordelik vir ouers, leerders en personeel. Sy is die Verbruikerstudievakhoof en ook verantwoordelik vir o.a die organisering van Bloemhof-netbal. Die leerderleiers (VRL) en hul aktiwiteite is ook stewig onder haar vlerk. Sy geniet die lewensreis, maar haar droom is ook om deur die wêreld te reis.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Me Elbie Keller - Leierspanlid

Me Keller is 'n Departementshoof en Leierspanlid. Sy tree op as Departementshoof: Sport. Sy het 'n B.Comm en HOD aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf en haar vakgebied is Wiskunde. Sy is sedert 2008 by HMS Bloemhof, nadat sy in Robertson en Moorreesburg onderwys gegee het.

Me Keller is 'n sportentoesias wat passievol Bloemhof se sport ondersteun.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Me Santjie van Vuuren - Leierspanlid

Me Van Vuuren is 'n gebore Vrystater wat aan die Meisieskool Oranje gematrikuleer het. Sy behaal haar BA met Afrikaans en Nederlands,  Geskiedenis en Sielkunde aan die Universiteit van Stellenbosch.  Nadat sy haar Honneurs in Afrikaans gedoen het, sluit sy haar studies op Matieland met 'n HOD af. Me Van Vuuren het hierna vir agtien jaar Afrikaans gegee by Hoërskool Parow.  Sy geniet elke oomblik in die klas en wil graag glo dat sy haar passie vir Afrikaans en die onderwys aan 'n paar leerders oordra.

Me van Vuuren geniet dit om teater toe te gaan, kyk graag na goeie films en probeer gereeld lees.Tuis is dit vir haar heerlik om in die kombuis te bak (en te brou!) en sy geniet dit om vriende te onthaal. Haar groot liefdes is haar man en twee dogters, want sy is op haar gelukkigste saam met hulle.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Mnr Stephan Meyer - Opvoeder (Afrikaans)

Mnr Meyer is 'n Stellenbosser met 'n passie vir lees, skryf, teater, fotografie, ontwerp en videospeletjies.  Hy behaal sy B.Dram-graad in tegniese teater aan die Universiteit van Stellenbosch in 2008 en voltooi ook 'n Honneursgraad in Drama met regie as praktiese komponent.  Sy liefde vir die letterkunde lei daartoe dat hy Afrikaans en Nederlands as ekstra vak neem. Hy is vir twee jaar as tutor in die Departement Afrikaans en Nederlands aan die US werksaam en is tussen 2011 en 2014 nou betrokke by die reël van die US Woordfees, waar hy veral met skrywers skakel.  Hy werk ook deeltyds as boekverkoper by Exclusive Books se Stellenbosch-tak.  "Ons woonstel is 'n brandgevaar," sê hy met 'n glimlag. Sy loopbaan in die onderwys begin in 2013 waar hy Afrikaans as Huistaal én Eerste Addisionele Taal vir Paul Roos Gimnasium se graad 8 tot 10's aanbied.  By die Hoër Meisieskool Bloemhof leef hy in digterlike aanhalings danksy die pligsgetroue leerders in sy Afrikaans en Engelse klasse. Hy is getroud en het nog nie kinders nie, maar hoop om eendag 'n aanneem-pa te word.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

   

Me Sonja Wessels - Opvoeder

Me Wessels is sedert 2014 deel van die Bloemhof-familie. Sy het in 2007 met ’n A-gemiddeld by Hoërskool Bellville martikuleer. Daarna gaan studeer sy Sielkunde by die Universiteit van Stellenbosch, waar sy haar BA en BHons Cum Laude slaag.

Haar avontuurlustigheid neem haar in 2012 al die pad Suid-Korea toe, waar sy Engels gegee het. In 2013 keer sy terug Suid-Afrika toe en voltooi haar NOS (Cum Laude) deur UNISA. Sy het eers ‘n draai in die Weskus gemaak, by Hoërskool Vredenburg, maar het vanaf Julie 2014 by Bloemhof aangesluit as ‘n Engels Huistaal onderwyseres. Sy is ook tans besig met haar MEdPsig by die Universiteit van Stellenbosch.

Wanneer sy nie klasgee nie, sal jy haar op die dansvloer, saam met haar familie, of op ‘n mooi drafroete vind.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

   

Me Brenda Zietsman - Vakhoof (Engels Addisionele Taal)

Me Zietsman is die vakhoof van Engels as Addisionele Taal. Sy het 'n BA-tale graad met Engels en Noord-Sotho as hoofvakke. Sy onderrig reeds 29 jaar Engels, maar Afrikaans lê haar ook na aan die hart - sy is bestuurslid van die ATKV-tak op Stellenbosch. Sy is gelukkig getroud en die bevoorregte ma van ‘n talentvolle dogter. Sy draf graag en geniet Jonkershoek op haar bergfiets.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Me Anneke van Heerden - Opvoeder (Geskiedenis)

Me Anneke van Heerden is ‘n boorling van Bellville en het gematrikuleer aan die Hoërskool DF Malan in 2007. Sy behaal haar BA Afrikaans en Geskiedenis, Hons en MA in Geskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch asook haar NOS in 2014, met Afrikaans en Geskiedenis as hoofvakke.

Me Van Heerden het gespesialiseer in die Suid-Afrikaanse Grensoorlog tydens haar studies en nagraadse publikasies. Sy was ook werksaam as navorser en tutor by die Departement Geskiedenis gedurende haar studies.

Me Van Heerden begin haar loopbaan as onderwyser by die Hoërskool President in Goodwood in 2015, maar keer in 2017 terug na haar gunstelingdorp, Stellenbosch, as Geskiedenis opvoeder vir graad 8 tot 12 by die Hoër Meisieskool Bloemhof.

In haar vrye tyd glip sy weg van die boeke en gaan kamp graag, verkieslik in plekke afgesonder van die samelewing.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Me Amoré Steyn - Opvoeder (Musiek)

Me Steyn matrikuleer in 2000 aan die Hoër Meisieskool Bloemhof en verwerf daarna haar BMUS en MMUS kwalifikasies aan die Universiteit van Pretoria. Nadat sy agt jaar by verskeie seunskole onderrig gegee het keer sy in 2013 terug na haar Alma Mater. Me Steyn is gek oor sportsoorte wat in en onder die water gebeur, eksperimenteer graag in die kombuis en is altyd gereed om ‘n tuiste te bied aan hawelose tweedehandse boeke. Sy glo vas dat enige probleem met ’n stappie in ’n woud opgelos kan word en dat elke mens minstens twee keer per jaar ‘n Onverwagse Avontuur moet beleef.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Me Desiré Coetzee - Opvoeder (Wiskunde)

Me Desiré Coetzee behaal 'n B.Sc Chemie-graad aan die Universiteit van Stellenbosch waarna sy dadelik die onderwys betree. Na 'n paar draaie by o.a Hoërskool Strand, Paul Roos Gimnasium en US, sluit sy aan die begin van 2014 by ons aan. Sy onderrig Wiskunde.  Me Coetzee is baie lief vir die buitelewe so sy stap, kamp en ry graag fiets in die berge. Sy het ook 'n groot liefde vir fotografie en die maak van musiek.  Sy het 'n passie vir mense en die onderwys en geniet haar betrokkenheid by Bloemhof se skoolgemeenskap.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Dr André Gerber - Opvoeder (Drama)

Dr André Gerber het sy BDram graad aan die Universiteit van Stellenbosch in 2011 voltooi. Nadat hy met ʼn Honneursgraad in Regie gespesialiseer het (Cum Laude), het hy ʼn Meestersgraad (Cum Laude) voltooi in die studieveld van familiedrama. In 2017 behaal hy ook sy PhD in Musiekteater. Dr Gerber regisseur verskeie professionele produksies vir die Afrikaanse teaterindustrie, wat onder andere speelvlak geniet by die Woordfees, die KKNK en Aardklop. Hy doseer ook by die Universiteit Stellenbosch se Dramadepartement waar hy klasgee in teksanalise, toneelspel en regie. Hy behartig jaarliks die teks en regie van Bloemhof se Tienertoneel en bied die vak Dramatiese Kunste aan.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Me Talana Cilliers - Opvoeder (Engels en Skeppende Kuns)

Me Talana Cilliers is 'n trotse Weskus-meisie, gebore in Velddrif. Sy het nog altyd 'n liefde vir Stellenbosch gekoester en na sy gematrikuleer het aan Curro Langebaan, het haar kop reguit Stellenbosch Universiteit toe gestaan. Hier het haar liefde vir Taal en Griekse mitologie haar gelei om 'n BA-graad in Taal en Kultuur te verwerf met Engels, Afrikaans en Antieke Kulture as hoofvakke.

Haar liefde om met jong mense te werk het haar oortuig om die onderwys aan te durf en haar NOS-kwalifikasie in 2016 te verwerf met Engels, Afrikaans en Geskiedenis as keusevakke. Dis hier waar die liefde vir klasgee haar beetgekry het, veral literatuurklasse.

Me Cilliers het onlangs aangesluit by die Bloemhof-familie, vars uit die universiteit. Sy is tans woonagtig in Stellenbosch en wanneer sy nie vuriglik voorberei vir die volgende dag se klasse nie, lees en skryf sy graag. Verder geniet sy dit om tuin te maak en in die buitelug te wees, rondom diere (sy kan nie nooit te veel hê nie) en spandeer ook graag tyd saam met familie en vriende.

Me Cilliers bied Engels Eerste Addisionele Taal aan vir graad 8 - 10 leerders en Skeppende Kunste Drama aan graad 8's.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Me Julie Longden - Assistent Sportbestuurder: Atletiek en Kondisionering

Julie is al vir baie jare betrokke by baan- en veldafrigting en bestuur. Sy het ook al die voorreg gehad om atlete wat Engeland, Groot-Brittanje en Suid-Afrika verteenwoordig by al die groot baan- en veldkampioenskappe, af te rig. Sy geniet dit om atlete van alle ouderdomme te ontwikkel en te bevorder.

Op bestuursgebied was sy 'n IAAF Gemagtigde Atletiekverteenwoordiger en baie betrokke by baan- en velditems hier in Suid-Afrika. Sy is ook sedert Augustus 2013 by die Sanlam Kaapstad Marathon betrokke en meer onlangs by die Puma School of Speed reeks.

Sy is oorspronklik van die Verenigde Koninkryk, maar het in November 2012 Paarl toe verhuis. In Januarie 2013 stig sy die Bruce Longden Afrigting Stigting, ter nagedagtenis aan haar oorlede man.

Sy is lief vir reis, lees en gholf speel, wanneer sy kan.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Me Reneé Bezuidenhout - Opvoeder (Lewenswetenskappe)

Reneé verwerf haar B.Sc, B.Ed en M.Ed  by onderskeidelik RAU en US. Sy is getroud en het drie kinders, waarvan twee oud-Bloemhoffers is.

Sy het baie se jare ondervinding in Lewenswetenskappe en ook verskeie ander vakke by  o.a. Hoërskool Sasolburg, Joan Cole Academy (Privaat Meisieskool) en Jan Krielskool.

Die boorling van die Klein Karoo reis graag en is ‘n kranige fotograaf en is baie lief vir diere.


Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Me Yolanda Fouché- Ontvangs

Welkom by Bloemhof! Yolanda Fouché is een van die dames wat jou by ontvangs sal verwelkom. Haar werksondervinding strek van administratiewe werk tot boekhou. Sy woon in die skilderagtige dorpie van Pringlebaai en vertrek douvoordag om haar aan te sluit by ‘n trotse Bloemhofspan. Voor haar dae by Bloemhof het sy Afrika vir 7 jaar voltyds met ‘n 4x4 verken en die wonders van die diereryk en natuurskoon op hierdie besonderse manier ervaar. Hierdie is nou haar stokperdjie en as sy die kans kry, vaar sy die bos in of ontspan by die see.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Me Renée Geustyn - Opvoeder (isiXhosa)

Me Renée Guestyn matrikuleer aan die Afrikaans Hoēr Meisieskool in Pretoria en verwerf ‘n BA-graad by Maties. Sy verwerf ‘n HOD nagraads asook ‘n Diploma in Versnelde leer (Suggestopedie) by USB.

Sy gee deur die jare Frans, Afrikaans, Xhosa en Engels by verskeie skole, onder andere ‘n Internasionale skool in Kaïro in Egipte, en was vir twee jaar betrokke by opleiding vir entrepreneurs uit Khayalitsha, Langa en Nyanga. Daarmee saam doen sy vir 25 jaar lank korporatiewe opleiding, tolk- en vertaalwerk in Xhosa vir kliënte soos Standard Bank, Sanlam, Wynlandistriksraad en Kaapse Metropolitaanse Raad. Sy was ook medeskrywer van ‘n Graad 7 Engels Huistaal Werkboek, “Let's practice English”. Vir 13 jaar lank rig sy op Hoër- en Laerskoolvlak Drama af vir Fraserburg en ATKV Jeugtoneelfeeste en wen verskeie afdelings.

Die liefdes in haar lewe is haar twee kinders, twee honde en kat. Haar belangstellings is lees (boeke, boeke, boeke!) asook kunsflieks, teken, teedrink uit mooi koppies met pierings, oefen en tuinmaak. Sy wil ook haar nagraadse Tweede Taal Studies voltooi en wil graag nog Ethiopië besoek. Sy is mal oor reis, veral as dit onbepland is en beskou haarself as ‘n reisiger eerder as ‘n toeris.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

 

Me Louise Joubert - Vakhoof (Afrikaans)

Me Louise Joubert het onlangs by Bloemhof aangesluit as vakhoof van die Afrikaans Departement. Sy kom oorspronklik van Ceres af en het na skool BA Tale, Sielkunde en HOD aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Haar loopbaan begin op Malmesbury, waarna sy vir agtien jaar in die stad by Hoërskool Tygerberg skoolgehou het voor sy Bloemhof toe geskuif het. Sy is baie lief vir lees (“Ek wens ek het tyd om AL die baie boeke wat ek koop te lees!”) en fliek graag. Sy is op haar gelukkigste by die see en droom van reise om Europa te verken, eendag...!

 

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Mnr Carl Potgieter - Opvoeder (IGO)

Mnr Potgieter is ‘n baie Engelse Pottie! Hy het gekwalifiseer en gewerk as ‘n ambagsman na hy sy hoërskoolloopbaan voltooi het, totdat hy by Hoërskool Edenvale aangesluit het as ‘n IGO onderwyser.

4 jaar later trek hy en sy vrou Kaap toe, waar hy ‘n Rhenisher word. En 6 jaar later verruil hy die onderwys om meer tyd aan sy gesin te spandeer. Sy familie is sy trots en vreugde.

Hy geniet die buitelug, sokker, skaak en onderwys.

Mnr Potgieter is in 2017 aangestel as IGO opvoeder vir graad 8 tot 12.


Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Me Venessa de Beer (Mediasentrumbestuurder)

Me de Beer het 'n B.Bibl (Biblioteek-en Inligtingkunde) graad aan die Noordwes. Universiteit (PUK) verwerf. Na baie jare as bibliotekaris het sy haar NOS-diploma deur UNISA voltooi. Sy en haar gesin het middel 2010 vanaf Potchefstroom na Stellenbosch verhuis waar Afrikaans onderrig het by ‘n buurskool. Haar passie vir die biblioteek en boeke het haar egter by Bloemhof laat aansluit as bibliotekaris en mediabestuurder.

Sy is op my gelukkigste saam met haar man en twee seuns. Hulle is almal  baie lief vir stap en kamp. Sy  lees ook graag, sommer alles waarop sy haar hande kan lê, en hou daarvan om in die tuin rond te vroetel.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Me Marisa van Wyk - Opvoeder (Afrikaans en Geskiedenis)

Me van Wyk is sedert 2008 'n opvoeder by Bloemhof. Sy het 'n BA HOD in Afrikaans en Geskiedenis en hierdie is ook die twee vakke wat sy met soveel passie onderrig.

Me van Wyk is 'n see-mens en is lief vir son, see en sand. Sy glip graag weg Mosselbaai toe met elke vakansie en wegkomkans.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

 

Me Suna Wiese - Opvoeder (Engels)

Me Wiese het al 'n paar wye draaie gemaak met haar liefde vir die Engelse taal.  Sy het matrikuleer by Paarl Gimnasium, studeer by UPE  en Stellenbosch, en klasgegee by verskeie skole in die Wes-Kaap, Gauteng en Limpopo. Ten spyte van die politieke atmosfeer het sy ook in Tembisa klasgegee in die 90's. Sy is egter nou tuis by Bloemhof en beskou dit as die beste werk wat sy nog ooit gehad het!

In haar vrye tyd lees hierdie taaljuffrou graag 'n goeie "Science Fiction" of "Fantasy" boek, maar haar passie vir Shakespeare en die digkuns bly na aan haar hart.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Me Beryl Korver - Opvoeder (Engels)

beryl_korver

Me Beryl Korver het onlangs aangesluit by die Bloemhof-familie. Sy het by Jan van Riebeeck Hoërskool in Kaapstad gematrikuleer. Daarna gaan studeer sy aan die Universiteit van Stellenbosch, met Engels en Sielkunde as hoofvakke. Sy is getroud en het twee dogters.

Me Korver was vir baie jare verbonde aan die Hoërskool Tygerberg, waarna sy die Kaap verruil het vir Gauteng om onderrig te gee by Hoërskool Eldoraigne, ook vir etlike jare.

Na langelaas is sy egter weer terug in die pragtige Kaap, waar sy haar passie vir die natuur kan uitleef. Sy hou van staproetes en om nuwe plekke te ontdek. Haar stokperdjies sluit in lees en kook.

Me Korver sluit haar in Julie 2016 aan by Bloemhof as Engelse onderwyseres vir graad 8 tot 10.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Me Carina Kilian - Opvoeder (Wiskunde)

Me Kilian het 'n B.Comm-graad in Wiskunde en bied al meer as 30 jaar hierdie vakgebied aan, onder andere voorheen by Hoërskool Hottentots-Holland, Rhenish Girls' High en Hoërskool Citrusdal. 

Naas Wiskunde is haar grootste passies tuinmaak en skilder, asook haar twee kleindogters (Kate en Olivia). Haar ander groot trots is Hanta, haar dogter, wat praktiseer as prokureur. 

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Me Rina Paul - Vakhoof (Wiskunde)

Me Paul is al vir langer as 10 jaar 'n bekwame wiskunde-opvoeder by HMS Bloemhof. Sy het 'n BA-graad en HOD by Tukkies verwerf en daarna in Pretoria by Menlopark skoolgehou. Sy het ook 'n paar jaar tyd afgeneem om haar twee jong kinders skoolgereed te kry.

As hoof van Phoenix spoor sy ons leerders aan tot gemeenskapsbetrokkenheid. Sy neem graag deel aan die Phoenix-projekte en mis nooit uitreike na behoeftige organisasies of skole nie. Sy is ook die graadhoof vir graad 12.

Wanneer sy nie by Bloemhof is nie, spandeer sy graag tyd saam met haar man en is 'n selferkende "fliekvlooi". Sy werk ook graag in die tuin. Tans is haar grootste projek egter dié van ouma word!

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Mnr Eon Venter - Opvoeder (Wiskunde)

Mnr Eon Venter se bynaam is die "Meester" omdat hierdie wiskunde-opvoeder nie minder nie as twee meestersgrade verwerf het - 'n M.Comm en M.Sc. Hy het vir jare in reklame en bemarking gewerk en later as dosent by die US. Hy is 'n oud-Bloemhof ouer en kom uit 'n familie van oud-Bloemhoffers, dus is dit lekker om homself as deeltydse Wiskunde-opvoeder aan te wend in sy aftreejare. Benewens somme is gholf sy groot passie, en spog hy met 'n 17 voorgee.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Me Almaré van der Vyver - Opvoeder (Wiskunde)

Me Van der Vyver, 'n trotse ma van twee oud-Bloemhoffers het haar onlangs aangesluit by die Bloemhof-familie as Wiskunde opvoeder.

Me Van der Vyver het haar loopbaan afgeskop by Hoërskool Strand, nadat sy 'n B.Com-graad en ook 'n HOD by Universiteit Stellenbosch behaal het. Sy het ook 'n draai in die privaatsektor gaan maak, waar sy vir meer as 10 jaar in Johannesburg gewerk het by Business Partners en daar lewensvatbaarheidstudies op klein en medium ondernemings gedoen het.

Sy is passievol oor kinders en kry positiewe energie om interaksie met kinders te hê. Die wen-kombinasie volgens haar is kinders, sport en Wiskunde. Sy het self op skool in atletiek en netbal presteer en het ook al die Two Oceans Marathon gehardloop en Tweekamp geswem.

Sy is getroud met 3 kinders; 2 dogters en 'n seun, wat almal tans aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Hulle is 'n sportiewe gesin wat daarvan hou om tyd in die natuur deur te bring.

Voorts is sy betrokke by tennis en netbal by Bloemhof, waar sy dit geniet om tyd langs die sportveld deur te bring. Sy beskou dit as 'n voorreg om in Stellenbosch te woon, waar sy elke dag naby aan die Here kan voel.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Me Clarisa Steyn - Vakhoof (Fisiese Wetenskap)

Me Steyn is al vir 14 jaar 'n fisiese wetenskap (Skeinat) opvoeder by Bloemhof. Sy het 'n B.Sc-graad, sowel as 'n M.Ed, en het haar onderwysloopbaan in Bloemfontein begin by Hoërskool Fichardtpark.

Haar passievolle benadering tot Skeinat, selfs midde in eksperimente wat ontplof of die hele skool laat stink, is welbekend! Hierdie opvoeder kuier graag buite in die natuur, en geniet kamp en see-uitstappies. Sy wil elke dag voluit leef, en geniet ook die geselskap van familie en vriende.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Me Yolande Kenny - Opvoeder (Wetenskappe)

Me Kenny is 'n al baie jare 'n opvoeder in die wetenskappe by Bloemhof. Sy gee Natuurwetenskappe, Lewenswetenskappe en Fisiese Wetenskappe. Sy het, nadat sy haar BSc. HOD-graad verwerf het, by Bosmansdam Hoërskool klasgegee.

Me Kenny geniet dit om met kinders te werk in die klaskamer én op die sportveld. Sy vervul hierdie passie deur die hokkie-organiseerder te wees en self 'n paar hokkiespanne af te rig. Sy geniet yoga en pilatus, tuinwerk en musiek.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Dr Marcelle Geldenhuys - Opvoeder (Wetenskappe)

Dr Geldenhuys het haar BSc, MSc en PhD graad aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf, waarna sy 'n maatskappy bestuur het wat stamselnavorsing doen. Na 'n geslaagde aantal kliniese proewe het die maatskappy sy deure gesluit en sy het Fisiese Wetenskap begin aanbied by Reddam House in Seepunt.

Daarna sluit sy haar aan by Boston Privaatskool waar sy Lewenswetenskappe en Fisiese Wetenskappe onderrig.  

Dr Geldenhuys is nou deel van die Bloemhof-span en ons is opgewonde om haar as Lewenswetenskappe opvoeder te hê vir graad 10 en 11, asook Natuurwetenskappe vir graad 9 en LWO vir graad 8.

Sy geniet fietsry, gholf, stap en lees en het 'n passie vir leer. Sy is lief vir kinders en diere en kamp graag.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

Mnr Anthony Kitching - Vakhoof (Geografie)

Mnr Kitching het 'n BA HOD-graad en is sedert 2008 'n opvoeder by HMS Bloemhof. Hy was vantevore betrokke by die Eben Donges Hoërskool in Kraaifontein. Sy vakgebied is Geografie en hy beplan graag uitstappies en kampe vir Bloemhof leerders. Hy is ook betrokke by die VRL en deel van die Huis Bloemhof-span.

Mnr Kitching se groot passies is die onderwys en perde. Hy is 'n bekwame ruiter en woon graag skoue en kompetisies by.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Me Lizanne van Rooyen - Opvoeder (Handel)

Me Van Rooyen is sedert 2010 by Bloemhof en onderrig Rekeningkunde en Ekonomie. Sy het 'n B.Comm-graad en HOD verwerf by die Universiteit van Stellenbosch en was sedertdien werksaam as dosent by die PW Botha Kollege op George en voor dit het sy 8 jaar Rekeningkunde onderrig by die Centaurus Hoërskool in Windhoek, Namibië.

Me Van Rooyen help met swem en hokkie, sowel as Ed-Admin (die Onderwyssektor se administrasiesisteem) en ook Sobis (WKOD se administrasiestelsel).  Buite Bloemhof geniet sy dit om dinge saam met haar kinders te doen en plekke saam met hulle te besoek. Sy stap graag in ons mooi omgewing, en kuier graag saam met haar gesin, familie en vriende.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

 

Me Jenny King - Bestuurder: Hoë Prestasie Sport en –Beplanning

Jenny begin in 2016 by Bloemhof as Bestuurder: Hoë Prestasie Sport en –Beplanning, asook die hoof van hokkie. Sy verwerf haar honneursgraad aan die Universiteit van Stellenbosch en na 'n kort loopbaan in die onderwys, begin sy fokus op hoë prestasie hokkie-afrigting. Haar internasionale afrigtingsloopbaan strek oor 10 jaar, waar sy beide die SA o.21 en senior nasionale span gedurende daardie tyd afgerig het. Voordat sy by Bloemhof begin het, was sy aan stuur van Maties se Hoë Prestasie Eenheid, asook die afrigter van die Eerste Dameshokkiespan (sedert 1998).

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

 

Mnr Bryan Longbottom - Astro-bestuurder

Bryan is in 1991 in Port Elizabeth gebore en hy is passievol oor 'n verskeidenheid van sportsoorte. Hy het BA Sportwetenskap by die Universiteit van Stellenbosch studeer. In daardie tyd was hy deel van Eendrag Manskoshuis en ook geaffilieer by Maties Hokkie. Hy geniet die buitelewe en om in sy tuin te werk! Hy is tans in beheer van Waterpolo by Bloemhof en is ook die Astro-bestuurder. Sy toekommstige doelwitte sluit bergfiets- en branderry in.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Me Marisa de Vries - Opvoeder (EBW)

Me de Vries het 'n besigheidskop: sy is tans 'n opvoeder in ekonomiese bestuurswetenskappe en rekeningkunde.  Sy verwerf 'n B.Comm- bemarkingsbestuur graad, asook 'n NOS. Sy het voorheen by Hoërskool Strand skoolgehou en ook in die vrugtebedryf gewerk waar sy uitvoere na die Midde-Ooste behartig het. Na haar troue in 2007 het sy 'n Bloemhof opvoeder geword.

Me de Vries is 'n trotse ma van twee kindertjies en glo dat seëninge gedeel moet word.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

 

Me Elana Wethmar - Opvoeder (Handel)

Me Wethmar het eers 'n B.Comm-graad by die US gedoen, en daarna 'n NOS voltooi. Tydens haar nagraadse studies het sy besef dat haar toekoms beslis in die onderwys is. Intussen het sy ook 'n honneurs in B.Comm Bemarking verwerf.

Sy het vroeg in 2010 by Bloemhof aangesluit, waar sy EBW (Ekonomiese Bestuurswetenskappe) onderrig en tans ook Ekonomie vir graad 8 tot 11 leerders.  Sy is graag betrokke by sport, en is veral behulpsaam by hokkie.

Me Wethmar staan ook aan stuur van sake met die reël van die matriekafskeid jaarliks en sy is die graad 11 graadhoof. 

Hierdie positiewe juffrou glo dat jou gedrag aan die begin van 'n taak, die sukses van die taak beïnvloed. Daarom pak sy die lewe aan met 'n glimlag en 'n positiewe uitkyk.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Me Dalene Bosman - Vakhoof (Musiek)

Dalene Bosman is die bekwame hoof van die Musiekdepartement by Bloemhof. Sy het 'n M.Mus-graad, asook 'n HOD en Diploma in Onderwysbestuur. Sy het voorheen klasgegee by die Universiteit van Pretoria, asook die Universiteit van Stellenbosch, en waardevolle ervaring in Laer- en Hoërskole opgedoen.

Buiten musiek stel sy passievol belang in stedelike volhoubaarheid maar ook omgewingskwessies in die algemeen. Sy is 'n Direkteur van Jeuguitreik, 'n welsynsorganisasie vir hawelose kinders; is 'n garagiste (maak self tuis wyn) en skryf artikels vir kostydskrifte. Sy put groot vreugde uit haar groentetuin, haar uitgebreide familie en hou van lekker eet. 

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Me Marijke Roos - Opvoeder (Musiek)

Me Roos is al lewenslank 'n musiekopvoeder. Sy het 'n M.Mus in klavier by 'n Universiteit in Kanada behaal. Sy het studeer in verskeie lande insluitend Italië, Frankryk en Duitsland, en was ook die amptelike begeleier by die US Konservatorium. Sy is al 4 jaar by Bloemhof en het in hierdie tydperk die Bloemhof Accelerando-koor laat blom: die koor is aangewys as die beste hoërskoolkoor en die beste kamerkoor by die Tygerbergse Eisteddfod in 2010 en beste meisieskoor by die Stellenbosch Eisteddfod in 2011. Me Roos gee ook onderrig in sang en klavier.

Sy woon in Somerset-Wes saam met haar honde, vir wie sy bitter lief is. Haar spruite is reeds uit die huis en is ook albei musikante.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

 

Me Suné van Wyk - Opvoeder (Musiek)

Me Suné van Wyk is 'n al vanaf 2001, na afloop van 'n B.Mus.Ed-graad by die US, aan Bloemhof se musiekdepartement verbonde. Sy het haar vierde jaar prakties hier kom doen, en sommer gebly! Sy geniet dit baie om musiek by Bloemhof te gee, veral musiekteorie. Sy is vanaf 2009 die begeleier van die Bloemhof Accelerando-koor en vanaf 2012 ook die bestuurder van die koor. Verder is sy ook 'n diensdoenende onderwyser van Huis Bloemhof.

Sy kom oorspronklik van Citrusdal, en spog nog met 'n lekker brei, maar is al sedert haar studentejare 'n trotse Stellenbosser.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Mnr Seef le Roux - Vakhoof (Rekenaars)

Mnr le Roux is die rekenaar-meneer en die atletiek-meneer.  Hy het 'n BA Hons in Inligting en Kennisbestuur verwerf, asook 'n Nasionale Diploma in Hotelbestuur, wat hy eers as 'n beroepsrigting oorweeg het. Hy het selfs 'n paar jaar in hotelle gewerk, o.a. die Lord Charles hotel.

Hy is al 7 jaar 'n Bloemhof opvoeder - in hierdie 7 jaar het Bloemhof al 6 keer die 4M-atletiekbyeenkoms gewen! Sy passie is atletiek.  Hy dien tans op talle nasionale federasie-komitees en rig aktief af. Hy is ook betrokke by Bloemhof se hokkie en netbal. ‘n Verdere passie is die tradisies by skole soos Bloemhof en Paul Roos-dit is vir hom belangrik dat hierdie tipe skole sal voortbestaan en dat hulle tradisies en waardes in stand gehou sal word.

Hy spandeer tussen vier en ses ure per dag, ses dae van die week op die atletiekbaan, so vir die res is daar nie veel tyd nie. Hy geniet altyd ‘n goeie braai, veral as dit met ‘n goeie rugbywedstryd en goeie vriende saamgaan.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Me Marcia Combrinck - Vakhoof (Duits)

Frau Combrinck het ‘n BA-graad met Duits en Frans as hoofvakke, sowel as ‘n BA-Honneurs graad in Duits. Sy is reeds die afgelope 36  jaar 'n opvoeder in Duits en werk ook as deeltydse dosent aan US, waar sy verantwoordelik is vir die NOS-studente wat Duits as vak wil aanbied. Haar passie is die Duitse taal en kultuur en sy beskou haar werk as die uitleef van hierdie passie.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

 

Me Zané Burger - Opvoeder (Verbruikerstudie)

 

Zané is ‘n Vrystaatse meisie wat van vroeg af ‘n kreatiewe benadering tot die lewe ontwikkel het. Sy het in 2005 haar BSc Verbruikerwetenskappe graad aan die Universiteit van Noordwes en daarna haar HOD verwerf. Sy begin haar loopbaan by Eric Louw Hoërskool in Musina, Limpopo, en verhuis in 2010 na die Kaap. Sy sluit aan by Sans Souci Girls’ High School in Nuweland, waar sy vir 5 jaar haar passie en liefde vir die onderwys ontwikkel en beoefen. In 2016 sluit sy by Hoër Meisieskool Bloemhof as Verbruikerstudie- en Tegnologie- opvoeder aan. Me Burger het ‘n passie om skeppend te wees - van mode, bak, juwele ontwerp en maak. Sy geniet ook ‘n potjie gholf en reis graag.


 

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Me Erika Stephens - Huis Bloemhof (Bestuurder) en Bloemhof Debiteure klerk

As oud-Huis Bloemhoffer het Erika die sakewêreld van 20 jaar verruil om in 2003 die bestuurder van Huis Bloemhof te word. Sy is ‘n plaasmeisie van die Weskus, maar bly en werk al vir meer as 30 jaar in Stellenbosch waar sy ‘n B Huishoudkunde graad behaal het en ook studeer het aan die Bestuurskool van Stellenbosch. Sy was 14 jaar bestuurder van Van Schaik Boekhandel in Stellenbosch.

Sy is getroud met ‘n oud-Paul Rooser en maak tweelingseuns groot. Sy geniet die lewe saam met haar gesin, honde en kat. Sy woeker graag in haar kruietuin, en is versot op alles wat Italiaans is. Sy reis ook graag deur Afrika en vind rus vir haar siel op hulle Weskus-seeplaas waar hulle kreefduik en potbrood bak. Sy het ‘n liefde vir kuns, handwerk en verf graag ou meubels, lees graag outo- en biografieë, besigheidsboeke en reisjoernale. Sy hou van die natuur en stap graag by die see of pragtige bergpaaie.

Me Joan le Roux - Opvoeder & HB Superintendent

Me Le Roux bied 'n verskeidenheid vakke by Bloemhof aan, onder meer Afrikaans, Geografie, Rekenaartoepassingstegnologie en LWO. Sy is ook die Superintendent van Huis Bloemhof, waar sy Ma speel vir 184 Bloemhoffers. Sy is die hoof van tennis en het al dikwels as spanbestuurder die tennisspelers na toernooie vergesel. Sy het 'n BA-graad en HOD by die US verwerf en daarna skoolgehou by Hoërskool Punt in Mosselbaai. Sy is al sedert 1997 betrokke by Bloemhof. Dit is vir haar heerlik om by 'n meisieskool te wees, veral omdat daar minder dissiplinêre probleme is met dogters!

Haar drie kinders, wat so saam met die Bloemhof koshuisleerders grootword, hou haar aan die gang. Naweke, wanneer sy nie tennispligte vervul of haar koshuiskinders vergesel op uitstappies nie, spandeer sy graag tyd met die kinders of gaan kuier by Oupa op Hermanus.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Me Mariantha Fryer - Kommunikasiebestuurder

Me Fryer, 'n gebore en getoë Namibiër, het haar onlangs aangesluit by HMS Bloemhof as Kommunikasiebestuurder.

Me Fryer het 'n passie vir bemarking, handelsmerkbestuur en veral digitale media. Sy behaal 'n B-Tech graad in Skakelwesebestuur aan die Kaap Peninsula Universiteit van Tegnologie, waarna sy haar loopbaan afskop in die advertensiewese by die befaamde advertensiegroep, Ogilvy & Mather in Namibië. Sy bou waardevolle kennis en ervaring op tydens die bykans 9 jaar periode wat sy hier werksaam is.

Sy het ook verskeie bemarking en bestuursrolle vervul oor die jare in heelparty industrieë, insluitend die korporatiewe, finansiële, motor, handels, uitsaai en advertensiewese industrieë.

Sy geniet die natuur, lees graag boeke en tydskrifte, hou van skryf, is nostalgies oor oudhede en geniet ook teater en klassieke musiek.

Me Fryer is getroud, het 'n seun en dogter en is tans woonagtig in Durbanville.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Me Adele Uys - Toelatings

Me Uys is een van die vriendelike dames wat u by die ontvangskantoor sal groet. Sy is 'n sekretaresse met akademiese agtergrond in finansies en werkservaring in die finansiële sektor as korrespondent en stelselondersteuner. Sy het ook voorheen in Bloemhof se betaalkantoor gewerk.

Sy is getroud, het twee dogters en twee bokserhonde wat haar BAIE besig hou. In haar vrye tyd lees sy graag en speel sy rond met kreatiewe projekte en fotografie.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

 

Me Dianne Schoeman - Skoolsielkundige

Me Schoeman is Bloemhof se Skoolsielkundige en Beroepsvoorligter. Sy het haar Meestersgraad in Sielkunde aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi en is al verskeie jare betrokke by HMS Bloemhof.

Haar passies is sport (veral atletiek en muurbal) en Nederland, aangesien sy 'n jaar in die mooi land woonagtig was. Sy neem gereeld deel aan MTB wedrenne (bergfiets), geniet dit om kitaar te speel en beoefen ook “scrapbooking” as 'n stokperdjie.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Me Rése Hugo - Assistent tot Sportbestuurder/ Netbalhoof

Me Hugo is sedert April 2004 Bloemhof se sportadministrateur. Sy het 'n B Prim (LO) met 'n Honneurs in Sportsielkunde en was self 'n Springbok-netbalspeler. Sy rig ook die o.16A netbalspan af.

Sy is 'n ma van 3, 'n seun wat vir die Cheetahs rugby speel en twee dogters, die oudste werk by Deloitte en die ander een is tans op universiteit.

Haar passie is en bly netbal, en sy is lief vir die buitelewe en in die son ontspan. 'n Braaivleisvuur en 'n glasie goeie wyn saam met vriende is ook 'n gunsteling-naweektydverdryf.

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Me Ertru Hattingh - Vakhoof (Tegnologie)

Me Hattingh is vakhoof van Tegnologie sedert 2013. Sy bestuur ook die LW laboratorium sedert 2008, hanteer alle veiligheidskwessies, sowel as die inventaris van die laboratorium.  Me Hattingh het 'n Nasionale Diploma in Geneeskundige Tegnologie (Kliniese Patologie), en 'n Nasionale Hoër Diploma in Geneeskundige Tegnologie (Hematologie). Haar werkservaring is in mediese navorsing en patologie, sowel as in die onderwys.

Haar passie is haar gesin, die omgewing en natuur, en musiek. Sy lees graag, woeker in die tuin, en doen naaldwerk. Met al die bedrywighede in die skool en laboratorium, sien sy uit na vakansies op 'n stil, natuurlike plek!

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Me Mari-Louise Swarts - Finansiële Bestuurder

Me Swarts het haar skoolloopbaan in die Vrystaat voltooi en daarna het sy haar B.Comm-graad in Finansiële bestuur deur UNISA verwerf. Sy werk reeds vir 10 jaar lank in verskillende velde as ‘n finansiële bestuurder. Sy kom van die kommersiële wêreld af en was finansiële bestuurder by ‘n internet gebaseerde mediafirma, voordat sy deel geword het van die Bloemhofspan.

Sy geniet dit om te gaan stap, naaldwerk te doen en te eksperimenteer in die kombuis.


Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

InvestecRola MotorsIncredible Connection