Hor Meisieskool Bloemhof
6.jpg

Visie

Gelukkige mense wat hulle potensiaal ontdek en ontwikkel in 'n doeltreffende, aangename en volhoubare omgewing.

Sleutelwoorde:

Gelukkige mense - wat verwys na leerders, onderwysers, personeel en elkeen wat in kontak kom met die skool. Bloemhof-mense is gelukkige mense.

Potensiaal ontdek en ontwikkel - ons glo dat elke leerder potensiaal het en dat ons die nodige aandag en aanmoediging moet gee om dit individueel en in groepsverband te ontwikkel.

Doeltreffende - ons standaarde, die manier waarop ons onsself handhaaf en ons daaglikse doen en late moet spreek van doeltreffendheid en uitmuntendheid.

Aangename - dit is lekker hier by Bloemhof, die omgewing is aangenaam vir leerders en personeel. Ons hou van pret.

Volhoubare - ons kyk na meer as net onsself. Daar is 'n bewustheid van ons omgewing, groen waardes en die vooruitgang van alle gemeenskappe.

InvestecRola MotorsIncredible Connection