Hor Meisieskool Bloemhof
8.jpg

Bloemhof se skilderye

Bloemhof is bevoorreg om 'n groot versameling kunswerke te besit, wat deur die jare aan die Bloemhof Trust geskenk is deur leerders en vriende van Bloemhof. Die versameling sluit om en by 40 kunswerke in, waaronder:

  • Gregoire Boonzaaier se "Landskap met plaashuis", geskenk deur die st. 9-klas van 1941
  • George Enslin se "Gordonsbaai hawetoneel", geskenk deur die st. 9-klas van 1953
  • Willem Gravett se "Stillewe met appels", geskenk deur die st. 9-klas van 1943
  • Cecil Higgs se "Basoetoeland landskap", geskenk deur die st. 9-klas van 1950
  • Alfred Krentz se "Stillewe met geel kruik", geskenk deur die st. 9-klas van 1951
  • Maggie Laubser, 'n oud-Bloemhoffer, se "Hibiscus stillewe", geskenk deur die st.9-klas van 1940
  • Hugo Naudé se "Landskap met Aalwyne" en "Worcester Landskap", geskenk deur die st.9-klas van 1940
  • Verskeie Pierneef skilderye
  • Alexis Preller se "Stillewe met morning glory", geskenk deur die st.9-klas van 1947
  • Vladimir Tretchikoff se "Krisante", geskenk deur die st.9-klas van 1949

Die Bloemhof kunsversameling is al 'n paar keer uitgestal, onder andere by die Sasol Kunsmuseum op Stellenbosch. Hierdie skilderye is beide 'n belegging en 'n kultuurerfenis, wat ons graag met ons leerders en die gemeenskap deel.

 

InvestecRola MotorsIncredible Connection