Ons kuier saam

Oud-Bloemhoffers staan saam – 2013

‘n Hele klomp oud-Bloemhoffers het op 19 April by die skool saamgetrek vir die Bloemhofbond se algemene jaarvergadering, waar daar nie nét gekuier is nie, maar waar verskeie belangrike sake aangespreek is. Dié Bond vir oud-leerders is natuurlik afhanklik van elke oud-Bloemhoffer om aan te sluit en aktief die skool te ondersteun, en na aanleiding van die groot hoeveelheid jong gesigte wat kom saamgesels het, lyk dit of daar ‘n besliste oplewing in die Bond gaan plaasvind!

‘n Aanlyndatabasis sal teen einde van Mei op die webwerf beskikbaar wees, so elke oud-leerder word aangemoedig om aan te sluit en te kom saamkuier wanneer die geleentheid hom voordoen. Julle teenwoordigheid by enige Bloemhof-funksie help beslis bou aan skooltrots – vir die huidige leerders én vir die ouer garde!

Die nuwe komitee, weer onder leiding van die bekwame Helen Kroes, sien daarna uit om julle almal by die Bloemhofbond te verwelkom.

Bloemhofbond hou Kaas & Wyn

1

Die Bloemhofbond het op 17 April hulle algemene jaarvergadering gehou en dit sommer met ‘n lekker Kaas- en Wyngeleentheid gekombineer. ‘n Hele groep oud-Bloemhoffers, oud en jonk, het gesellig saamgekuier na ‘n insiggewende praatjie deur oud-adjunkhoof, me Bix Bezuidenhout. Die Bloemhofkunsversameling lê haar baie na aan die hart en sy het verskeie interessante staaltjies oor die ontstaan én uitbreiding van die versameling gehad.

Die voorsitter, me Helen Kroes, het al die gaste genoop om betrokke te raak by die Bond, om sodoende die sterk band tussen die skool en oudleerders te verstrek.

Hou gerus die webwerf dop vir inligting oor die databasis wat binnekort geaktiveer sal word.

Reüniegroepe kom kuier op Stigtersdag

Drie reüniegroepe het saam kom kuier tydens Bloemhof se jaarlikse Stigtersdagvieringe. Verteenwoordigers van die onderskeie jaargroepe (die Klasse van ’63, ’83 en ’93) het ook die leerders vermaak met staaltjies uit hulle skooldae, maar almal was dit eens: “The more things change, the more they stay the same!”

2

Klas van ’63

3

Klas van ’83

4

Klas van ’93

Matrieks van ’91

5

Die klas van 1991 se 30-jaar reünie was op 12 November 2011 gehou. Hulle het ook sommer van die geleentheid gebruik gemaak om die oggend die Kersdiens saam met die skool in die Moederkerk by te woon.

6

Klas van ’91!