2016

Lees die nuutste Bondgenoot en Reunie Nuusbrief vir 2016 op Memberzone.
Klik op die skakel en registreer https://bloemhofbond.alumnet.co.za/

Die oorskakeling na die nuwe Alumnet sisteem vir die versameling en verandering van gegewens sal baie van die huidige tydrowende en moeisame datahantering uitskakel.
Selfs al is jy ‘n aktiewe lid van Bloemhofbond, en jou huidige inligting op ons stelsel korrek, MOET jy nogsteeds jou registrasie en wagwoord op ons nuwe sisteem bevestig om jou profiel te her-aktiveer.

Voordele van die Alumnet sisteem sluit onder andere in:
•      Help om die reëlings van reunies te vergemaklik.
•      Vergemaklik die opsporing van jou skool vriendinne en vriende van Bloemhof
•      Netwerk met almal wat in dieselfde beroep as jy staan
•      Ontmoet lede wat in ander dele van die wêreld woon
•      Adverteer op die databasis.
•      Gereelde inligting oor gebeure by die skool
•      Inligting oor jaarlikse funksies en ander geleenthede

Hou jou “Inbox” dop vir jou verwelkoming e-pos!!!
Kyk ook in jou “Junkmail” of “Spam” folder indien dit dalk per abuis daar beland.

1. Alle beskikbare klas-lyste is reeds ingevoer op ons stelsel.
Het ons jou korrekte kontakbesonderhede en het ons jou toestemming om met jou te kommunikeer?
Verkry toegang met jou eie wagwoord en voltooi al die velde van jou profiel insluitend toestemming vir kommunikasie.
Dit beteken jy hoef ons nooit te vra om jou af te haal van die stelsel of enige inligting te verander nie, want jy gaan dit nou maklik self kan doen.

2. Almal wat wil netwerk is op die Bloemhofbond MemberZone.
Selfs nadat jou profiel ingevul is, sal jy steeds onsigbaar vir alle ander alumni wees.
Om deel van die aktiewe netwerk te wees moet jy kies om op die Bloemhofbond MemberZone te verskyn.
En onthou – Die netwerk se krag lê in die hoeveelheid lede wat sigbaar is.

3. Het jy kontak met skoolmaats?
By “Verwys ‘n Vriend” kan jy sien wie almal in jou klas se kontak besonderhede ons kort.
Ons het almal se hulp nodig om beskikbare inligting hier te verskaf.

4. Plaas gratis advertensies.
Om die stelsel lonend en aanloklik te maak nooi ons jou uit om ‘n gratis advertensie te plaas.
Of dit nou vir iets tweedehands is of ‘n spesiale aanbieding van jou besigheid – alles is welkom.

5. Almal kan saam gesels.
By “Forum” kan jy nou lekker gesels met jou klasmaats of selfs die hele alumni netwerk.
Begin ‘n gesprek oor jou gunsteling onderwerp en wees die eerste een van jou klas.

Naskrif:
a. Tegniese besonderhede: Die minimum internet “browser-requirements” om toegang tot die “MemberZone” te kry is as volg:
Internet Explorer 9 of nuwer, nuutste weergawe van FireFox, Chrome of Safari.
Ouer weergawes word ongelukkig nie ondersteun deur Alumnet nie.
b. Privaatheid: Die hantering en beskerming van jou private inligting en kontak besonderhede is vir ons van hoogste belang en sal met niemand gedeel word nie. Op die Alumnet stelsel kan jy ook kies hoe die Alumni organisasie met jou mag kontak maak in die toekoms.